DAAR is ’n agterstand van tot twee weke om toetsuitslae terug te ontvang vanaf die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) se tak in Kaapstad. Dié laboratorium kan net 1,000 toetse per dag hanteer, maar daar is meer as 10,000 wat lê en wag. In Gauteng is die agterstand 15,000 en is die wagtyd vir uitslae ewe lank.
Toetsuitslae wat so lank neem, pootjie die stelsel, veral hospitale wat so gou as moontlik moet weet of enigeen wat daar behandel word, Covid-19 het of nie. Boonop kan daar soveel as 40,000 gevalle in die land wees, en nie die amptelike syfer van sowat 13,000 nie.
Prof. Francois Venter, adjunkdirekteur van die Instituut vir Reproduktiewe Gesondheid en MIV aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê die staat van inperking het basies ander gesondheidsdienste in die land opgeskort...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.