Suid-Afrika soek ’n president, nie ’n voorsitter van ’n kollektief nie

VIRUS-WOESTYN

Suid-Afrika soek ’n president, nie ’n voorsitter van ’n kollektief nie

MAX DU PREEZ brom in sy baard oor die president se rede op televisie. Cyril Ramaphosa is die naaste wat ons kom aan 'n Moses om ons uit die coronawoestyn te lei, maar hy het nie 'n Aäron om hom te help nie, net 'n kabinet van stommerikke.

HOE lank dink Cyril Ramaphosa gaan hy daarmee wegkom om as die redelike, empatiese staatsman te paradeer terwyl sy kabinet, sy medeleiers van die ANC, die burokrasie en gewapende magte die teenoorgestelde uitleef?

Ek ken Ramaphosa al sedert 1983 toe hy 'n vakbondleier was. Ek het nog nooit enige rede gehad om te dink hy is skelm of onbekwaam nie. Met sy agtergrond in die UDF was sy instinkte altyd sterk demokraties, anders as baie van die ANC-leiers wat in ballingskap was. Hy het 'n innemende, charismatiese persoonlikheid.

Soos ek al by geleentheid meer breedvoerig in dié ruimte geskryf het, glo hy al van sy jongdae af dat hy bestem is om Suid-Afrika te lei. Hy was bitter toe die banneling-ANC hom in 1994 geblok het om die eerste adjunk-president en dus Nelson Mandela se opvolger in 1999 te word, en het die politiek verlaat. In 2012 het hy sy gaping gesien om 'n terugkeer te maak en het hy ingestem om in die ANC se leierskapverkiesing op Jacob Zuma se kieslys as adjunk-president ingesluit te word. Ramaphosa het in Mei 2014 die land se adjunk-president geword – net mooi toe staatskaping begin momentum kry het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.