Kommer oor minder kinders ingeënt is weens die inperking

GESONDHEIDSKRISIS

Kommer oor minder kinders ingeënt is weens die inperking

Minder inentings van kinders jonger as vyf gedurende (en weens) die nasionale inperking kan daartoe lei dat daar uitbrekings van voorkombare kindersiektes soos masels kan plaasvind. ADELE BALETA doen verslag.

’N DRASTIESE afname in die getal inentings onder kinders jonger as vyf tydens die staat van inperking in Suid-Afrika het die vrees laat ontstaan dat daar ’n dodelike uitbreking van aansteeklike kindersiektes soos masels kan wees.

Die mees onlangse syfers van die departement van gesondheid wat Spotlight onder oë gehad het, wys dat die nasionale immuniseringsdekking tydens vlak 5 van die inperking geval het van 82% in April verlede jaar tot 61% in April vanjaar. Die mees kommerwekkende is die skerp afname in die toediening van die tweede dosis van die maselsinenting – van 77% verlede April tot 55% vanjaar.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se aanbevole immuniseringsdekkingvlak vir alle lande wêreldwyd is 95%. Hoe hoër die persentasie mense wat geïmmuniseer is, hoe meer van die bevolking sal beskerm wees teen dodelike uitbrekings van aansteeklike siektes...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.