DIS reeds meer as 100 dae sedert Suid-Afrika se eerste geval van Covid-19 bevestig is. Wat begin het as tientalle, toe honderde nuwe gevalle per dag, is nou al meer as 100,000, en die dodetal is meer as 2,000.
Die openbare gesondheidsektor het reeds plek-plek nie genoeg beddens nie. Die epidemiologiese modelle wat die regering gebruik, wys dat daar geweldige tekorte aan intensiewesorg-beddens gaan wees as die pandemie sy piek bereik. Daarom het die departement van gesondheid onderhandelings bespoedig om broodnodige beddens by die privaat sektor te “koop”.
Hierdie onderhandelinge is alles behalwe eenvoudig, het Nicholas Crisp, 'n openbare gesondheidskonsultant in die departement en hoof van die kantoor vir die nasionale gesondheidsversekering, gesê. “Dis hoekom dit so lank vat. Dis nie omdat enige van die partye nie belangstel nie, maar net omdat dit so gekompliseerd is," sê hy...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.