DIE storm het opgedaag. Dis hoe die Gautengse departement van gesondheid die situasie in die provinsie beskryf namate die getal Covid-19-gevalle onrusbarend toeneem.
Met sowat 44% van die Suid-Afrikaanse gevalle wat aan die begin van die maand aangeteken is, het Gauteng nou die meeste aktiewe coronavirusgevalle in die land – en staal die provinsie hom vir nog baie meer. Nuut aangetekende infeksies in die provinsie het in die 11 dae van 25 Junie (28,746 gevalle) tot 5 Julie met 120% toegeneem, toe dit 63,404 bereik het. Die getal gevalle het in daardie tyd elke 8.76 dae verdubbel.
Dis veral kommerwekkend in die lig van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se raming dat sowat 5% van alle Covid-19-gevalle intensiewesorg- of hoësorghospitaalbehandeling vereis. Waaksale in die provinsie is reeds vol – en “die huidige uitbreking moet nog sy piek bereik,” sê prof. Shabir Madhi van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se eenheid vir respiratoriese en patogeniese navorsing...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.