DIS 06:38 op 10 Julie by die Prinshof-ambulansstasie in Pretoria. Op die terrein is twee ambulanse geparkeer, gewas en ontsmet vir die dag se uitroepe. Later, ná hierdie skof, sal die voertuie weer ontsmet word.
Dieselfde oggend was daar ’n noodoproep vanaf ’n ongelukstoneel. Spotlight se fotograaf het saam met twee paramedici, Ernest Motswai en Jane Kekana, in die motor van die mediese nooddienste (EMS) gespring. Hulle sê hulle gebruik die EMS-motor, want dan kan hulle vinniger by ’n ongelukstoneel uitkom, veral vir kleiner oproepe.
Op die toneel help Motswai en Kekana om ’n voetganger te stabiliseer wat in ’n motorongeluk was. Die pasiënt is deur ’n verbygaande sleepwa getref. Sy mond bloei en hy het ’n paar tande in die ongeluk verloor...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.