Ons vermoor die aarde – kan ons nog die regte kultuurskuif maak?

RESPEK VIR ANDER LEWE

Ons vermoor die aarde – kan ons nog die regte kultuurskuif maak?

Die planeet is ’n in enorme, warm penarie. Ysplate en gletsers smelt in sowel die Arktiese as die Antarktiese streke, en in minder as 50 jaar het gewerweldes se biodiversiteit wêreldwyd met tweederdes afgeneem. Waar is die punt waar ons nie meer kan omdraai nie? ELSABÉ BRITS doen verslag.

OP die mensdom se rapport staan daar: druip. Ons staan by die kruispad vir die nalatenskap wat ons vir toekomstige generasies laat erf. 2050 is nie so ver weg nie, en ook nie 2100 nie. ’n Kind wat vandag gebore word, kan maklik op 80 jarige leeftyd die nuwe eeu insien.

Tien jaar gelede het 196 lande wêreldwyd hulself verbind om tien teikens te behaal om die natuur te beskerm. Volgens die jongste opname (https://www.cbd.int/gbo5) deur die Verenigde Nasies, die Vyfde Wêreldwye Biodiversiteitsuitkyk, is nie een van dié teikens behaal nie. Ons het tien jaar verloor, waarin miljoene hektaar se woude verlore is, méér eerder as minder chemikalieë gebruik is wat bestuiwers doodmaak, en minder bewaar is. 

Die liggie wat blykbaar nog nie by ons aangegaan het nie, is dat ons kosproduksie afhanklik is van ’n gesonde en biodiverse ekostelsel. Ons kan nie in isolasie van ander lewe op die planeet leef nie. Respek vir ander lewe moet nog ’n kultuurskuif word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.