Snuffeltog in die dermkanaal laat wink antwoorde op...

DIE MIKROBIOOM

Snuffeltog in die dermkanaal laat wink antwoorde op geneeskunde se tergendste vrae

’n Hele mikroskopiese wêreld leef op en veral in jou liggaam – die menslike mikrobioom. Dié triljoene meestal bakterieë, veral in jou spysverteringstelsel, hou nou verband met talle aspekte van ’n mens se gesondheid. ELSABÉ BRITS skryf oor dié redelik nuwe veld in geneeskunde.

WETENSKAPLIKES het nog altyd geweet ’n mens se spysverteringskanaal is belangrik, maar dit is eers die afgelope 15 jaar dat daar op ’n ander manier gekyk word na die ontelbare aantal mikrobes wat daarin leef. Hou dit dalk verband met ander siektes, buiten dié van die spysverteringskanaal? 

Letterlik triljoene mikro-organismes leef saam met jou in jou liggaam: bakterieë, virusse en swamme wat gesamentlik die mikrobioom genoem word. Elke orgaan of stelsel het sy eie klein mikrobioom, ook die vel, jou mond en geslagsdele, en deesdae word elkeen individueel bestudeer. Kenners dink dit is moontlik dat siektes soos diabetes, asma en allergieë, lewersiektes, sekere psigiatriese siektes en breintoestande, kanker, outo-immuniteitsiektes, vetsug, hartsiektes en verskeie ander ’n assosiasie met die mikrobioom het. 

Die een plek waarna veral gekyk word, is die mikrobioom van die spysverteringskanaal omdat die meeste mikro-organismes daar voorkom: dié wat goed of sleg is vir ons, en dié wat net neutraal is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.