WATERSTOF is die ligste element in die periodieke tabel en die mees oorvloedige chemiese stof in die heelal. Die meeste stowwe waarmee ons in ons alledaagse lewe te doen kry, bestaan uit waterstof. Dit bestaan al sedert die begin van tyd, en tog is dit die nuutste gonswoord in die energiesektor – of meer spesifiek, groen waterstof is.
Waterstof word al dekades lank vervaardig en in verskeie industriële toepassings gebruik. Maar die proses behels fossielbrandstowwe, wat dit hoogs besoedelend maak: soveel as 20kg koolsuurgas moet vrygestel word om 1kg waterstof te produseer.
Groen waterstof, daarenteen, word deur elektrolise vervaardig, aangedryf deur hernubare energie, om later in waterstof en suurstof te verdeel – ’n proses wat geen CO2 vervaardig nie. Dit beteken groen waterstof kan die sleutel wees tot die ontkoling van die wêreld teen ’n koers wat hernubare energie op sy eie nooit sal regkry nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.