Help, ek kan nie meer my mediese fonds bekostig nie!

TAAI TYE

Help, ek kan nie meer my mediese fonds bekostig nie!

Vanjaar sal nie net onthou word vir die pandemie en die inperkingsregulasies nie, maar ook vir die pynlike finansiële keuses wat so baie mense moes doen. SUSAN ERASMUS gee raad.

DIE jaar 2020 het min mense ongeskaad gelaat. Mense het hul werk verloor; of ’n hele industrie het tot stilstand gekom soos in die geval van toerisme. Dit bring moeilike keuses mee, en min begrotings het vanjaar onveranderd gebly. As daar nie geld is nie, is daar eenvoudig nie geld nie.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie in geheel, soos gemeet aan die bruto binnelandse produk (BBP), het volgens Statistieke SA met ’n skokkende 51% gekrimp in die tweede kwartaal van vanjaar. Sowat 2.2 miljoen mense het tussen April en einde Junie hul werk verloor. Heelwat mense wat steeds werk, of vir hulself werk, het baie ’n skerp afname in inkomste of omset ervaar.

Mediese dekking is duur..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.