As mense wat kan haat die oorhand kry oor masjiene wat kan dink …

DIE STRYD TEEN HAATSPRAAK

As mense wat kan haat die oorhand kry oor masjiene wat kan dink …

Selfs die gevorderdste algoritmes is nie genoeg om die stryd te wen teen haatlike inhoud op sosiale media nie, en die onderwerp is vol ander slaggate ook, skryf ROZANNE ELS.

’N MENS hoef nie lank óf diep óf in private of geslote groepe op sosiale media te gaan krap om op talryke  gevalle van haatspraak af te kom nie. Trouens, in minder as 10 minute het ek verskeie voorbeelde in die oop ruimtes van Facebook alleen gevind. Geen poging is aangewend om dit weg te steek nie – behalwe nou vir ’n paar kreatiewe leestekens wat letters vervang, of woorde wat buite die konteks van ’n rassisties gelaaide gesprek as heel skadeloos gelees sou kon word.

Dis deels dié nuanses, en benamings en verwysings soos “apies” en “platneuse” wat dit vir lede van groepe soos Orania Beweging, BWB 2 – Boere Weerstand Beweging, en ’n lot mense op die sanger Steve Hofmeyr se profiel moontlik maak om haatspraak te laat syfer deur die klein gaatjies in Facebook se vangnet vir oortredings van sy gemeenskapstandaarde- en reëls (https://www.facebook.com/communitystandards/introduction). 

’n Wesenlike en volgehoue toename in die aantal tale op Facebook is ’n ander rede waarom dié platform sukkel met sy pogings om haatspraak in die kiem te smoor. Tale soos Afrikaans, Birmaans en Assamees het aansienlik minder sprekers as Engels, Mandaryns en Spaans – tale in meerderheidsgebruik wat die grondslag vorm van Facebook se modereringsproses: masjienleer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X