ONS dink dikwels heel eerste aan gewig verloor wanneer dit kom by banting of keto of ander diëte wat laag is in koolhidrate en hoog in vet, maar die saak is 'n bietjie ingewikkelder.
'n Sogenaamde laekoolhidraat-hoëvetdieet (LKHV-dieet) is enige eetplan wat minder as 100g tot 150g koolhidrate per dag voorskryf, terwyl banting gewoonlik verwys na die laekoolhidraatdieet wat deur onder andere prof. Tim Noakes se boek The Real Meal Revolution gewild gemaak is, verduidelik Jayne Bullen, besturende direkteur van Nutrition Network in Suid-Afrika. Die naam banting is afkomstig van die 19de-eeuse Britse begrafnisondernemer William Banting, wat eerste die deugde van dié soort dieet verkondig het.
“Anders as die keto-dieet laat LKHV en banting effens meer koolhidrate toe, wat hoofsaaklik in die vorm van groente, suiwelprodukte en amper gelyke hoeveelhede vette en proteïen ingeneem word,” sê Bullen. Dit is ’n dieet wat hoofsaaklik fokus op onverwerkte kos, en vermy verwerkte kos met baie koolhidrate en geraffineerde suiker daarin...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.