POLITIEKE NOTABOEK | Baleka Mbete versinnebeeld die ANC se siekte

IN DIE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | Baleka Mbete versinnebeeld die ANC se siekte

‘Baleka’ is Zoeloe vir ‘hardloop weg’. MAX DU PREEZ skryf oor hoe die oud-Speaker en bloubloed-ANC-leier van die waarheid weggehol het, van David Mahlobo se liegstories voor regter Raymond Zondo, en bring hulde aan ’n ontslape kollega, Andrea Vinassa.

AS jy die ANC regtig wil verstaan, moet jy nie na karikatuuragtige karakters soos Ace Magashule of Supra Mahumapelo kyk nie. Ondersoek eerder die lewe, dade en uitsprake van iemand wat al vir langer as drie dekades ’n senior leier van die party is en wat steeds hoog geag word: Baleka Mbete.

Mbete is kort ná haar terugkeer uit ballingskap in 1990 as leier van die ANC-vroueliga verkies. In 1994 het sy ’n parlementslid geword; tussen 2004 en 2008 was sy Speaker van die Nasionale Vergadering; tussen 2008 en 2009 was sy die land se adjunkpresident onder Kgalema Motlanthe; en weer Speaker tussen 2014 en 2019. Sy was ook die ANC se nasionale voorsitter tussen 2007 en 2012.

ANC royalty, dus. ’n Goed geartikuleerde, slim en stylvolle mens. Die room van die ANC se leierskap, van die Nelson Mandela-era af tot by Cyril Ramaphosa...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X