IN 2006 het Neil Sandilands om een of ander rede in Stellenbosch gewoon, en omdat hy vervoerloos was, het hy besluit om vir hom ’n poegie (bromponie) te gaan koop. Toe hy by die motorfietswinkel in Dorpstraat instap, let ’n plaaslike tannie hom op. Draai toe om na die mense en vriendinne agter haar: “Sien julle! Daar is Bart! Ek het julle gesê hy’s nie dood nie!”
Dit het ’n allemintige stormloop veroorsaak, soveel so dat die eienaar die winkeldeure moes sluit en Neil later skelm by die agterkant van die winkel moes laat uitry op sy nuwe swart ponie, wat hy op heterdaad Black Betty (na die liedjie van Leadbelly) gedoop het.
Die meeste Suid-Afrikaners het Sandilands destyds as “Bart” in die sepie 7de Laan leer ken. Baie onlangs, tydens ’n podcast met die blogger Joha – van Johaverse, my wêreld, my gat en ander-faam – vra sy hom of hy omgee dat mense hom steeds “Bart" noem...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.