EERS, die agtergrond. Dit is September 1939. Hitler het pas Pole binnegeval en die Verenigde Koningryk verklaar oorlog teen Duitsland. Die besluit het 'n rimpeleffek op die hele Statebond. Generaal Jan Smuts verklaar Suid-Afrika se ondersteuning vir die oorlog teen Hitler.
Die Unie se militêre kapasiteit moet dringend versterk word. En daar is relatief min wittes wat opgekommandeer kan word.
En só word die Suid-Afrikaanse Inheemse Militêre Korps (SAIMK) vir swart vrywilligers in die Unie-Verdedigingsmag (UVM) gestig. Jacob (Job) Maseko is een van byna 80,000 swart mans wat aansluit. Ongelyke betaling en swakker werksomstandighede as wat wit soldate gehad het was 'n gegewe, maar vir baie van dié vrywillers was die weermag 'n manier om aan werkloosheid en armoede te ontsnap. Die SAIMK is aan die Unie se weermag en lugmag verbonde, maar swart lede word nie toegelaat om vuurwapens te dra nie en is in nie-vegtende posisies aangewend. Hulle word wel met “tradisionele wapens" soos assegaaie en spiese toegerus...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Themba Maseko: ‘die verraad is die ergste’