Lang Covid: ‘Dis soos ’n kombers van moegheid’

Lang Covid: ‘Dis soos ’n kombers van moegheid’

In die Groote Schuur-hospitaal se longkliniek – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – word pasiënte gehelp wat sukkel met langtermyn-nagevolge wat uit akute Covid-19 spruit. Elke week word net vyf nuwe en tussen 10 en 15 bestaande pasiënte gesien. Hulle word behandel vir aanhoudende respiratoriese probleme, wat insluit asemnood, borspyne en uitputting. BIÉNNE HUISMAN vertel.

IN sy kantoor in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad beduie die pulmonoloog dr.  Rubeshan Perumal na sy rekenaarskerm, waarop twee longe in swart en wit afgeëts is.

“Hierdie is die regterlong,” wys hy, “en hier kan jy die linkerlong sien, feitlik afwesig. Dis omdat dit deur tuberkulose in haar vorige siekte vernietig is. En ’n mens kan sien hoe iemand wat so teruggesit is deur ’n vorige episode van tuberkulose regtig in die moeilikheid gaan wees as hulle teen Covid te staan kom, veral so erg soos sy dit gehad het. Dis die kompleksiteite waarvoor ons in hierdie land te staan kom. Miskien sou sy nie soveel van ’n stryd gehad het as sy nie so baie van haar long weens die vroeëre tuberkulose verloor het nie.”

Dié vrou is een van Perumal se pasiënte by Groote Schuur se kliniek vir longsiektes ná Covid-19, die eerste in sy soort in Suid-Afrika. Die kliniek is elke Vrydag as deel van die hospitaal se long-afdeling oop, en help pasiënte wat sukkel met langtermyn-nagevolge wat uit akute Covid-19 spruit. Elke week sien vyf pulmonoloë en ander mediese werkers vyf nuwe en tussen 10 en 15 bestaande pasiënte. Hulle word behandel vir aanhoudende respiratoriese probleme, wat insluit asemnood, borspyne en uitputting...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.