×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Die groot gevare van te min slaap

WAT IS DIE SLAAP ’N WONDERSOETE DING!

Die groot gevare van te min slaap

Mense in hul 50's en 60's wat ses uur of minder per nag slaap, loop 'n groter gevaar om demensie te kry. Om teen demensie en ander siektes te waak moet die pasaangeër in jou brein sy ritme behou, skryf ELSABÉ BRITS. Maar 'n konstante gebrek aan slaap hou ook vele ander gevare in. Dit kan selfs jou of ander se dood veroorsaak, want daarsonder is jy so gevaarlik soos 'n dronk mens agter die stuur.

ONDERWEG na 'n vakansieplek loop die motor van die pad af. Die bestuurder het helder oordag aan die slaap geraak. Hy ly aan chroniese insomnia en is bedags so moeg dat hy enige plek dut. 

Ná vier dae in 'n intensiewesorgeenheid sterf hy. Sy vriend, die passassier in die motor, leef, maar is 'n kwadrupleeg. Dié voorval, vertel 'n dokter wat spesialiseer in slaapstoornisse, is net een van die vele lewensveranderende gevolge wat sy pasiënte al ervaar het.

Het jy bedags chroniese pyn? Eet jy maar jy voel nooit vol nie? Raak jy aan die slaap terwyl jy motor bestuur of werk? Dis dalk hoe jy slaap en die sirkadiese pasaangeër in jou brein wat 'n ritme van 24 uur aftik wat dit veroorsaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.