Alles wat jy moet weet oor die Delta-variant in Suid-Afrika

VARIANT VAN KOMMER

Alles wat jy moet weet oor die Delta-variant in Suid-Afrika

Dié variant is die mees aansteeklike vorm van die SARS-CoV-2-virus wat tot dusver geïdentifiseer is en kan 'n skerp toename in infeksies in die derde vlaag van Covid-19 hier veroorsaak, skryf AISHA ABDOOL KARIM van die Bhekisisa-sentrum vir gesondheidsverslaggewing.

SUID-AFRIKA se inperkingsmaatreëls is verskerp in 'n poging om die verspreiding van die nuwe variant hok te slaan wat reeds in vyf provinsies kop uitgesteek het en die epidemie in die land begin oorheers.

Pres. Cyril Ramaphosa het die land se gereedheidsvlak Sondagaand na 'n aangepaste vlak 4 verhoog. Die nuwe inperkings verbied alle byeenkomste, asook alkoholverkope, beperk reise na en van Gauteng, en verplig skole om toe te maak. Die land sal vir twee weke op hierdie inperkingsvlak bly, wanneer die maatreëls dan heroorweeg gaan word.

Dít volg op 'n aankondiging Saterdag van die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, dat die Delta-variant (wat eerste in Indië geïdentifiseer is) vinnig deur Suid-Afrika begin versprei het en begin het om nuwe infeksies in die derde golf, veral in KwaZulu-Natal en Gauteng, te oorheers (https://sacoronavirus.co.za/2021/06/26/update-on-delta-and-other-variants-in-south-africa-presentation-by-prof-tulio-de-oliveira-and-dr-richard-lessells-krisp/). Die variant is ook in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat waargeneem. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.