My pa, Verwoerd se skoenmaker

‘GETROUE JONG'

My pa, Verwoerd se skoenmaker

Eintlik was sy pa se naam nie ‘Wyness’ of selfs ‘Wireless’ nie, maar Fabathias Mohlakola. Mnr. Fabathias Mohlakola by die kerk. Kleinbooi Mohlakola by die werk. ANASTASIA DE VRIES vertel die verhaal van die pa van 'n Katolieke priester van Oudtshoorn.

ÊRENS in ’n kerkargief diep ’n man ’n stapel ou koerante op. Die uitvergrote foto op die voorblaaie trek sy aandag. Hy gaan sit by sy lessenaar, lees die een ná die ander. Die werk kan ’n uur of wat wag. Hy lees.

“Só is hy vermoor,” lui die opskrif van Die Burger op Woensdag 7 September 1966. Op 8 September: “Die moordenaar – die wapen”, met die hoofopskrif van 9 September wat voorspel: “SA staan môre stil”. Hy trek die uitgawe van Saterdag 10 September nader. “Pretoria in roukleed,” lees hy. Daar’s ’n fotobylae by. Teen Maandag 12 September kondig Die Burger aan: “Die einde van ’n treurspel”, en as onderskrif: “Sober, waardige uitvaart vir dr. Verwoerd.” Tussen die koerante kry hy ’n uitgawe van die Cape Argus van 10 September 1966: “Magnificence for ‘quiet man’.” Êrens is ’n beriggie oor pous Paulus VI se gebed vir Verwoerd en medelye met sy gesin: “Pous bid vir premier.”

Hy stap terug na die argief, op soek na Die Burger van 16 September waarin ’n bylae sou verskyn oor die “Agt dae wat SA geskud het”. Dis nie daar nie. “Die koerante was vol van hom,” sê die man wat ’n jaar of twee oud was toe dr. Verwoerd dood is. Hy het hom nooit geken nie, lees nou eers regtig iets met aandag oor die man...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.