Jy is dood ... maar jou vel en been kan nog lewens red

DIE GROOTSTE GESKENK

Jy is dood ... maar jou vel en been kan nog lewens red

Jou liggaam kan ná jou dood sowat 100 ander mense in nood help. Die idee van weefselskenking is egter steeds vasgevang in vooroordele en onnodige vrees. ELSABÉ BRITS was by ’n nuwe weefselbank om self te kyk wat daar gebeur, en het aangrypende verhale gehoor van mense wat deur ander se welwillendheid gered is.

Ruth Robyn, ’n jong gemeenskapsverpleegster, het die seun verwese en kritiek siek in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad sien lê. Op sy kop, gesig, arms, bors en bene was daar diep brandwonde, altesame twee derdes van sy lyf. Die ergste pyn wat ’n mens kan hê.

Dat Jerano Jacobus, wat toe sewe jaar oud was, geen besoekers ontvang het nie, kon Ruth nie verduur nie. Nadat sy op ’n keer opgelet het dat die seun se pa hom uit die gevangenis bel, het sy die verhaal begin uitpluis: Sy pa het Jerano en sy ma vol olie gegooi en hulle aan die brand gesteek. Jerano se ma het dae ná die aanval in ’n ander hospitaal gesterf.

Pearl Robyn, Ruth se ma, onthou haar dogter se reaksie: “Ma, hy moet na ons toe kom, ons kan hom nie alleen los nie.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.