Trompie: Steeds ’n lekker ou ná 40 jaar

BOKSOMBENDE-BRAAI

Trompie: Steeds ’n lekker ou ná 40 jaar

Dis nie aldag dat jy 'n tjop eet saam met die held van 'n hele generasie Afrikaanse kinders nie, skryf MARGUERITE VAN WYK. Maar hier bevind sy haar saam met Trompie, ja hy van Boksombende-faam, en sy brak Boetch op 'n Stellenbosse stoep vir 'n skoot nostalgie, 'n glas wyn en die wysheid van die (middel)jare.

“LEKKER om jou ná al die jare weer te sien,’’ groet Karien Winter. Dis 'n stuk of 40 jaar gelede wat ek en sy in die 1980's tydgenote aan die Hoërskool Linden in Johannesburg was. Ons en haar man, Riaan, wat in daardie jare dalk dié bekendste Afrikaanse seun in die land was. Volksbesit, as’t ware.

Riaan Winter was Trompie op televisie, die leier van die Boksombende in die reeks van 11 episodes wat so gewild was dat dit agt keer deur die jare uitgesaai is.

Maar nou is ons in 'n ander eeu in Stellenbosch op die Winters se stoep met sy uitsig op die Pieke en skink Riaan rooiwyn. Dit kos R30 vir ’n bottel, sê hy doodluiters, min gepla dat dit nogal ’n waaghalsige opmerking hier in die hart van die wynwêreld is. Nee wat, keer hy, dit kom van ’n goeie landgoed, dit word net sonder etiket verkoop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.