Covid-19: Daar’s nuwe bewyse dat maskers werk, en ’n...

VIER BELANGRIKE ONTWIKKELINGS

Covid-19: Daar’s nuwe bewyse dat maskers werk, en ’n belowende nuwe behandeling

’n Studie in Brasilië het ’n potensieel belowende behandeling gevind wat hospitalisering verminder, en bevind dat ivermektien nie werk nie. ’n Studie in Bangladesj behoort enige verdere twyfel oor die doeltreffendheid van maskers uit die weg te ruim, en ’n Suid-Afrikaanse maatskappy het die voortou geneem om inenting verpligtend te maak, skryf die GROUNDUP-span.

VIER belangrike ontwikkelings in Covid-19-wetenskap het die laaste paar weke plaasgevind. ’n Groot studie in Brasilië het ’n potensieel belowende behandeling gevind wat hospitalisering verminder. In dieselfde studie is bevind dat ’n ander middel wat steeds intens bespreek word, ivermektien, nie werk nie. ’n Enorme studie in Bangladesj behoort ook enige verdere twyfel oor die doeltreffendheid van maskers uit die weg te ruim. En ’n Suid-Afrikaanse maatskappy het die voortou geneem om inenting verpligtend te maak.

Belowende behandeling, maar nog data is nodig

Fluvoksamien is ’n middel wat gebruik word om depressie te behandel. Dis in dieselfde klas middels as fluoksetien, wat die meeste mense waarskynlik as die handelsnaam Prozac ken. Die twee middels verskil chemies aansienlik van mekaar, hoewel dit soortgelyke name het. Daar was al spekulasie dat fluvoksamien ’n sekere anti-inflammatoriese uitwerking het. ’n Klein maar onoortuigende studie het ook aangedui dat dit kan keer dat sommige mense met Covid-19 erg siek raak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.