Hoor die diere beter in ’n sonkrag-safarivoertuig

DIESELENJINS MAAK GERAAS

Hoor die diere beter in ’n sonkrag-safarivoertuig

Oor Afrika heen is 'n klompie luukse safarilodges besig om oor te skakel na fluisterstil voertuie sonder uitlaatgasse in die bos, skryf RICHARD HOLMES.

VIR Sipps Maswanganyi, ’n safarigids met 20 jaar ondervinding in die Afrika-wildernis, was dit een onvergeetlike ervaring wat hom oortuig het dat elektriese safarivoertuie nét die regte ding is. 

“Ek kon die buffel hoor hyg diep in die bos," onthou Maswanganyi, hoofgids by Cheetah Plains, ’n luukse lodge in Sabi Sands. Nadat hy die gehyg gehoor het, het hy die 680 kg-buffel gevind waar sewe leeuwyfies besig was om hom plat te trek. “As ek in ’n raserige dieselvoertuig was, sou ek niks gehoor het nie en heeltemal verbygery het en dan het ons die hele ding gemis." 

Hoewel die geraas van ’n dieseldors Land Rover wat oor die Afrika-savanna ry kenmerkend van die safari-bedryf is, is dit nou besig om teen ’n stewige pas vervang te word met eko-vriendelike, fluisterstil voertuie wat deur die sonskyn aangedryf word.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X