Kaaps is ’n taal uit eie reg, sê die nuwe taalbulle

WOORDEBOEK

Kaaps is ’n taal uit eie reg, sê die nuwe taalbulle

’n Projek vir ’n drietalige woordeboek wil Kaaps help bekragtig as taal uit eie reg. En by verstek die mense wat dit praat, skryf ANASTASIA DE VRIES.

’n Woordeboek van Kaaps, meer as vier eeue agterstallig. Dis immers een “vannie tale in Suid-Afrika wat innie 1500’s geskep is”, word gesê op die tuisblad van die projek, dwkaaps.co.za (http://dwkaaps.co.za/), wat uiteindelik die eerste woordeboek van Kaaps sal ontwikkel.

Ter sprake is seker die “nuwe kontaktaal” wat volgens prof. Christo van Rensburg ontstaan het toe die Khoekhoen en die skeepslui van Nederlandse skepe, wat sedert 1595 die Kaap begin aandoen het, mekaar probeer verstaan het. Dis einste van dié geskiedenis wat prof. Gawie Nienaber in 1994 gepraat het toe hy geskryf het dat “die Afrikaanse taalgeskiedenis na reg eerder in 1595 moet begin as in 1652”. Hoewel dié aanleerdertaal al sedert 1595 opgeteken is, het dit nog maar min aandag in die geskiedenis van Afrikaans gekry, sê prof. Van Rensburg.

Nou is dit ingesluit in een van die doelwitte van die projek vir ’n Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK): om die historiese wortels van Kaaps verder te belig. Kaaps as ’n taal, nie net ’n dialek of variant van Afrikaans nie, sê prof. Quentin Williams, direkteur van die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit aan die Universiteit van Wes-Kaapland, wat saam met die nieregeringsorganisasie Heal the Hood die woordeboekprojek dryf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.