Geloof? Kom ons praat eers oor hoe ons daaroor moet praat!

ONGELOOFLIKE GESPREK

Geloof? Kom ons praat eers oor hoe ons daaroor moet praat!

’n Gesprek tussen oortuigde gelowiges en ongelowiges moet op die regte plek begin as hulle op ’n beskaafde manier wil uitvind waar hulle paaie van mekaar wegdraai, skryf DOUW KRÜGER.

GELOOFSKWESSIES het al ’n paar keer hier in Vrye Weekblad ter sprake gekom. Ek meen meer vanuit ’n geloofslose of geloofslosse rigting as andersom. Hierdie is seker nie die beste platform om te wil evangeliseer of om die geloof in ’n Opperwese te wil verdoem nie, maar ’n klompie gedagtes oor die gesprek tussen gelowiges en ongelowiges (by gebrek aan ’n beter term) en ’n ligte evaluering daarvan het tog sin.

Laat ek reg aan die begin my eie posisie duidelik maak, dan is dit uit die pad. Ek is ’n Christen-gelowige, uiteraard met gebreke en sekerlik ook nog ’n paar klonte daarby. Ek is deeglik bewus van die foute en oortredings van gelowiges van alle gelowe en denominasies en wil nie ’n feeverhaal voorhou nie. Maar hierdie stuk leun uiteraard oor na die geloofskant toe.

Ek was al in ’n hele paar gesprekke met geloofsloses, ateïste, post-teïste, agnostici, ensovoorts, betrokke. Gesprekke wat selde vreeslik produktief was en wat by meer as een geleentheid neerhalend en kru uitgedraai het. My afleiding daaruit was dat ’n gesprek tussen oortuigde gelowiges en ongelowiges op die regte plek moet begin as hulle op ’n beskaafde manier wil uitvind waar hulle paaie van mekaar wegdraai. En dit gebeur nie by almal op dieselfde plek nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.