’n Dag in die lewe van ’n Covid-dokter

KRÜGERS VEG SAAM TEEN DIE PANDEMIE

’n Dag in die lewe van ’n Covid-dokter

Ons hoor en lees gereeld onder hoeveel druk mediese personeel weens Covid is, dat die proses tog reg bestuur moet word en dat ons aan die mense moet dink. Maar weet ons regtig wat dit behels? Weet ons hoe lyk die pad wat iemand loop voor hy of sy as volwaardige dokter of verpleër kan werk? En wat ’n pandemie of ander mediese krisis aan hulle kan doen? DOUW KRÜGER vertel van sy ‘dokterkinders’.

EK het min eerstehandse kennis van die lot van verpleegpersoneel, maar dit wat ek van die werksituasie van dokters weet, skep vir my ook begrip vir die verpleërs en ander mediese personeel se lot en werklas. As ek van dokters praat, verwys ek veral na jong dokters in ’n staatshospitaal. Ons het twee sulke dokterkinders – ons seun Stefan en sy vrou, Lizanne, werk al meer as ’n jaar in ’n Covid-hospitaal en het al drie vlae van Covid daar meegemaak.

Die twee het mekaar op die eerste dag van hulle eerste jaar as mediese studente op die Tygerberg-kampus ontmoet. Die liefde het baie gou geblom en hulle is ná die ses studiejare met mekaar getroud.

Mediese studente werk hard. Harder as wat die meeste mense dink. Die studieveld is groot en kompleks en die boeke is dik. Maar hulle is ’n groep wat mekaar ondersteun en bemoedig het en die gees onder hulle is positief. Ek het hulle nooit regtig hoor kla nie. As studente was hulle in hulle element...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.