Douw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.
HOU JOU BRAAIKOP FIKS
Suid-Afrika: die braaimekka van die wêreld?
Nadat DOUW KRÜGER onlangs JanBraai se Vuurwerke by sy kinders vir sy verjaardag present gekry het, is hy opnuut begeesterd oor braai. Maar eers wil hy ’n bietjie perspektief kry oor die ander wêreldspanne in die A-liga (indien enige) en oor die ander braaivariante, soos ‘barbeque’ en ‘grill’.
Deel
DIE vraagteken aan die einde van die opskrif beteken nie dat ek self enige groot twyfel oor die saak het nie. Ek het nie. Maar toe ek ’n keer of drie opgemerk het dat Namibië die mooiste land in die wêreld is, wys my vrou my daarop dat ek nog nie in al die lande van die wêreld was nie. Kom ons gee die buitelanders dus ook ’n kans om hulle saak oor braai, barbeque en grill te stel.
Met my onlangse verjaardag het my kinders vir my JanBraai se boek Vuurwerke gegee. ’n Puik geskenk (al staan my ouderdom prominent voorin).
Voordat ek met die boek begin dweep, moet ons dalk, gedagtig aan my vrou se vermaning, eers ’n bietjie perspektief kry oor die ander spanne in die A-liga (indien enige) en oor die ander braaivariante. Net soos rugby ’n baie verlangse familielid in die VSA het, het braai ook verlangse familielede bekend as barbeque of grill in Europa en op ander plekke. En ek het ’n boek daaroor wat ek in Nederland gekoop het. Nou om die boek Echte Kerels Koken Buiten van Ger van Rijn met Vuurwerke te vergelyk sou soortgelyk daaraan wees om met ’n Suid-Afrikaanse boek oor windmeulens of dyke in Nederland te wil gaan spog. Maar dit bevat tog dinge om oor na te dink...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Douw Krüger
RubriekskrywerDouw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.