’n Nazi-duikboot in Seepunt, OB-spioene in Vryburg, en die...

HITLER SE OORLOG IN SA WATERS

’n Nazi-duikboot in Seepunt, OB-spioene in Vryburg, en die Natte wat toesmeer

As die Ossewabrandwag se spioenasie vir die Nazi's tydens die Tweede Wêreldoorlog nie so ondoeltreffend was nie, kon Hitler se duikbote dalk 'n bloedbad aan die Suid-Afrikaanse kus veroorsaak het, blyk uit 'n nuwe boek. ARCHIE HENDERSON doen verslag.

  • 11 Junie 2021
  • Nuus & Politiek
  • 13 min om te lees
  • artikel 16 van 29
  • Archie Henderson

IN die lente van 1942, toe die uitkoms van die Tweede Wêreldoorlog nog heeltemal onseker was, het drie Duitse duikbote in Suid-Afrikaanse waters gevaar op soek na handelskepe wat dikwels sonder begeleiding en buite 'n konvooi was en dus maklik geteiken kon word. Suid-Afrika het geglo die oorlog is ver weg in die woestyne van Noord-Afrika.

Kaapstad, met al sy swaar artillerie op Robbeneiland en by Fort Wynyard in Groenpunt, was so onvoorbereid dat kapt. Carl Emmermann, kommandeur van die Duitse duikboot U-172, sy vaartuig by geleentheid 'n entjie weg van Seepunt na die oppervlak kon bring sodat sy bemanning een vir een na die uitkyktoring kon kom en die stadsliggies geniet. Dít terwyl Kaapstad met 'n lugaanval-oefening besig was, en soekligte die lugruim deurtas het. Die ware gewaar het toe eintlik onder die oppervlak van die see geskuil. 

Wat toe gevolg het, het gewys die Duitsers het geheel en al die oorhand gehad. Van 7 Oktober tot 10 Oktober daardie jaar het die duikbote ses skepe aan die Kaapse kus gesink, waaronder die passasierskip SS Orcades met 700 passasiers, van wie 45 verdrink het, en met 2,000 sakke pos wat op pad Liverpool toe was aan boord. Selfs nadat die verdedigingsmagte in kennis gestel is, het die duikbote nog 'n verdere 14 skepe hier gesink, en nog 10 aan die kus naby Durban, waaronder 'n bystandskip...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.