Varkworsies vir Sondag en aspidistras in die huis

FYNPROE

Varkworsies vir Sondag en aspidistras in die huis

Die Pikeurs hou van varkworsies, régte mayonnaise en merlot, skryf NETTIE PIKEUR 29 jaar gelede in die oorspronklike Vrye Weekblad van 18 September 1992. En hier is resepte vir grand varktjops en varkboud met lemoen.

SOOS die diepsinnige essayiste agterin vrouetydskrifte so lief is om te sê, elke mens stel sy eie grense. Die sitkamerruite moet elke dag blinkgevryf word, of hulle duld nie aspidistras in die huis nie. Sulke goed.

Ons Pikeurs hou nogal van aspidistras in die huis – so 'n tikkie Victoriana, so 'n dankbare plant – maar ons duld nie antimacassars nie. En ek is bevrees ons sitkamerruit Iyk soos vissop: Maar ons het een MaginotIinie van 'n grens: varkworsies. Ons eet varkworsies vir Sondagontbyt, en doen dit in die aangesig van grillende vegetariërs, kinders met fiemies wat jou vertel presies hóé varkworse gemaak word en wat varke alles eet, en cholesterol-maniakke wat saagsels met bloumelk verkies.

Onder aanhangers van die sameswering tel vriendin Tessa, wat nie net Joods is nie, dus is varkworsies anyway trayf, maar sy is met 'n Afrikaner getroud en is oortuig dat hy 10 jaar langer sal lewe as hy net Sondae ophou worsies eet. Sover wen Tessa nog, maar wat sy nie weet nie, is dat haar man tuisgemaakte mayonnaise, van daai soort wat net uit eiers en olyfolie bestaan, met 'n lepel eet wanneer sy nie kyk nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.