Van Kaapland tot bó in die Nóórde ...

KAMP-KAMP WILDTUIN TOE

Van Kaapland tot bó in die Nóórde ...

DOUW KRÜGER en sy mense vat die pad Krugerwildtuin toe nadat Covid ’n stokkie steek voor ’n Europese verblyf. Ondanks stukkende dinge vind hy die reis oorwegend positief en is hy gereed om gou weer sy Kaapse nessie te verlaat vir ander dele van die land.

KAPENAARS kom nie elke jaar in die verre noorde van die land nie. Ook nie in die noordooste nie. In die somer ry hulle Kleinmond, Knysna of Plet toe. Af en toe bietjie verder oos. En in die herfs, winter en lente ry hulle Namibië of Botswana of sommer net Namakwaland toe. Dit is dus geen wonder dat ek, ná my drie maande vakansiewerk aan die einde van 1974 in die Krugerwildtuin, eers in 2015 weer daar uitgekom het nie. Ná my studies het ek Kaap toe verhuis en net vir werk of familiebesoeke noordooswaarts gereis. Tipies Kapenaar.

My vrou is ’n nog erger Kapenaar. Totdat sy my ontmoet het, het sy net die Kaap en Knysna geken. Maar toe karring sy in 2015 aan my dat ons ’n slag saam met ’n Hollandse niggie en haar man Krugerwildtuin toe moet gaan. Ja, ons het tevore al saam met dieselfde niggie en by ’n ander geleentheid ook met ander oorsese familie die Noord-Kaap, Kgalagadi en Namibië platgery – dieselfde roetes wat ons al male sonder tal saam met vriende bereis het. Mpumalanga en Limpopo was iets wat ek eintlik net uit my kinderdae onthou het.

In 2015 gaan ons dus met die oorsese familie Krugerwildtuin toe. Ons ry soontoe met die Land Rover, ’n boswaentjie en drie volwasse kinders. En vir die sports gaan kamp ons op pad terug huis toe in Orania. Toe ry ons sommer in 2019 weer Krugerwildtuin toe, maar hierdie keer via die mooiste deel van die land, die Oos-Vrystaat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.