Covid-19 maak weer amok in Europa

INGEHOK

Covid-19 maak weer amok in Europa

Teen wil en dank moes groot dele van Europa die afgelope twee weke in aller haas weer op slot gaan om ’n vierde Covid-19-vlaag in te dam – iets wat nog in die somer deur medici hier as ‘onwaarskynlik’ bestempel is, skryf ANESCA SMITH.

ONDANKS die feit dat die inentingsvlak in talle Europese lande bó 80% lig, lê hospitale vol met Covid-19-pasiënte. Die oorgrote meerderheid van hulle is nie ingeënt nie en ’n klein groep wat wel ingeënt is, het met onderliggende siektes te kampe.

Vraagstukke waarmee Europese leiers nou veral worstel, is tot hoe ver verpligte inentings ingestel moet word, asook óf – en wanneer – nóg ’n inentingsronde noodsaaklik is.

Opmerklik is dat dit in lande soos Italië en Frankryk – waar nie geskroom is om inentings vir sekere dele van die samelewing soos gesondheidswerkers verpligtend te maak nie – aansienlik beter in die hospitale gaan as in ander lande soos Engeland en Nederland, waar persoonlike vryheid hoog op prys gestel word en regerings veel huiweriger is om beperkings in te stel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.