Beveiligde woonbuurte: Forte van vrees, of vryheid?

WAAR ONS BLY

Beveiligde woonbuurte: Forte van vrees, of vryheid?

Suid-Afrikaners oor alle rasse en klasse heen verskans hulle deesdae teen misdaad en swak dienslewering in beveiligde gemeenskappe. Dis ironies dat tronke gebou word om vryheid te bied, skryf DARREN TAYLOR.

IN Junie 2002 het ’n jong stadsbeplanner, met ’n splinternuwe meestersgraad in stadsbeplanning onder die arm en ’n pos by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad in die sakkie, ’n voorlegging gedoen by die internasionale konferensie oor private stadsregering in Mainz, Duitsland. 

Die titel van haar navorsingsverslag was: “Gated communities in South Africa: Building bridges or barriers?”

Karina Landman het onder meer vir die gehoor gesê: “Sekere tipes beveiligde gemeenskappe begin bydra tot stedelike uitbreiding, fragmentering en afsondering weens die aard, grootte en ligging daarvan. Dit skep fisieke versperrings in talle Suid-Afrikaanse stede. Soos wat hulle in die toekoms in grootte en getalle toeneem, sal hulle impak ook toeneem. Dit kan noemenswaardige maatskaplike gevolge hê, soos wat die geval was in Brasilië, waar versterkte enklawes bygedra het tot meer ongelykheid, vrees, agterdog en ’n gevoel van kwesbaarheid by diegene “buite” die grense. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.