Die dagga-apteek

HOOGTYD

Die dagga-apteek

Jou neus dink jy is by ’n musiekfees of ’n koffiewinkel in Amsterdam, maar jy is eintlik by die eerste Suid-Afrikaanse maatskappy wat 'n vervaardigingslisensie vir medisinale dagga gekry het, skryf PIETER VAN DER MERWE.

IN ’n onmerkwaardige sakekompleks in Centurion is daar ’n jong maatskappy wat jou sintuie deurmekaar maak sodra die voordeur oopswaai. Jou neus dink jy is by ’n musiekfees of ’n koffiewinkel in Amsterdam, waar sorge saam met die daggawalms wegwaai en vriendelike vreemdelinge lui rondlê. Die realiteit is egter ’n mediese maatskappy waar ’n klein span noukeurig werk, treë weg van ’n komplekse fasiliteit af. 

Danksy ’n vervaardigingslisensie wat in Augustus deur die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte (Sahpra) toegestaan is, is Cilo Cybin Pharmaceutical die eerste plaaslike maatskappy wat verantwoordelik is vir alles vanaf die versorging van sy daggaplante tot die produk op die rak. Dié verwikkeling, sê die stigter en uitvoerende hoof, Gabriel Theron, het hulle potensiële mark aansienlik vergroot omdat hulle op groot skaal kan uitvoer, maar nou ook produkte onder hulle eie handelsmerk kan verkoop. Bestellings kan reeds geplaas word en hulle beplan om middel Desember te begin verskeep. 

Cilo Cybin – genoem na die psigoaktiewe stof in towersampioene en die maatskappy se volgende beplande sakeonderneming – is tans nog heeltemal afhanklik van buitelandse markte soos Brasilië, Brittanje en Australië. Maar Theron hoop Sahpra sal hulle toelaat om hulle produkte as voorgeskrewe middels aan die plaaslike mark te bied. “Dís ’n groot storie,” sê Theron, geklee in ’n pak-baadjie en tekkies. “As ons dit regkry, is dit massive.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.