WOEDE bou al geruime tyd op oor die myngroep Mineral Sands Resources (MSR) se bedrywighede by die Olifantsriviermonding aan die Weskus, ’n gebied wat van groot ekologiese én ekonomiese belang is. Die uitbreiding van dié plaaslike filiaal van die Australiese mynreus Mineral Commodities (MRC) se Tormin-myn hier trek opnuut die aandag van omgewingsaktiviste, wat vrae het oor of die myngroep die vereiste omgewingsprestasie-evaluering vir die voorafgaande tydperk ingedien het.
Die onlangse uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen MRC se voorsitter, Mark Victor Caruso, deur adjunk-regter-president Patricia Goliath, bring egter ’n sprankie hoop, sê Suzanne du Plessis, ’n aktiewe lid en voormalige voorsitter van die Olifantsriviermonding-bestuursforum.
Caruso is op 10 Februrie daaraan skuldig bevind dat hy aktiviste, omgewingsprokureurs en gemeenskapslede met verskeie lasterhofsake probeer stilmaak. Goliath het in haar uitspraak gesê Caruso is nie hof toe om finansiële vergoeding te kry nie, maar om diegene wat sy bestaande en toekomstige mynbedrywighede kritiseer, stil te maak. “Maatskappye kan nie toegelaat word om ons regstelsel as ’n wapen te gebruik om die gewone burger en aktiviste te intimideer en stil te maak nie.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.