Eeufeesviering van ’n woordman

HERINNERINGE

Eeufeesviering van ’n woordman

Die skrywer, digter en onderwysman P.J. Philander sou hierdie week 100 jaar oud geword het. Dit is asof die jongmense sy gees in annermansland geloop haal en hom huis toe gebring het, Caledon toe, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DIT was soos huis toe kom. Asof hulle, die jongmense veral, sy gees in annermansland geloop haal en hom huis toe gebring het. Caledon toe. Om hier in die NG Moederkerk sy lewe as skrywer, digter en onderwysman te kom vier. Hy sou op 25 November ’n volle eeu geword het. Hy, P.J. (Peter John) Philander.

Daar was dié wat dik stukke oor hom gesny het, lekker staaltjies, teer herinneringe aan die man en die mens wat hy was. En dalk was dit soos prof. Steward van Wyk by sy afsluiting van die eeufeesviering gesê het, ’n magiese aand, ’n aand waarop jy jou van alles kon verbeel. Want verbeel, het ek my seker, ek wat alles aanlyn gevolg het. Dalk het dit te doen gehad met die gedigte wat van hom voorgelees is of met die verwysings na sy prosawerk. Dis met sorg uitgekies, kom jy agter, asof hy met elke gedig teruggelees moes word in en op die plekke waar hy eens geleef het. Caledon. Genadendal. Plettenbergbaai. Die Calvinia van sy Rebunie.

Of dalk het dit te doen gehad met die terugskryf aan hom, die verder skryf aan van sy gedigte deur plaaslike digters. Van hulle lees eers sy gedig voor en dan hul antwoord op hom, ander eers hul eie gedig (want soos een van die jong mans, Marlon Sauls, gesê het, mens hou die beste vir laaste) as eggo op een van Philander s’n. En jy kry die ongelooflike gevoel dat hulle mét hom praat, nie óór hom nie. Asof hulle hom aanroep, hom aan die hier en nou snoer met hul woorde soos met ’n naelstring. Ons het u kom haal, het hul woorde gesê. Rus, meester, u wat u lewe lank na hierdie grond, hierdie land bly hunker het, wat nooit kon vergeet nie. Rus nou. U is tuis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.