Staan eerder terwyl jy hierdie lees

GESONDHEID

Staan eerder terwyl jy hierdie lees

Om minder te sit is moontlik die beste gesondheidsraad wat jy nog nooit gekry het nie. 'n Sit-leefstyl is na raming die rede vir 5,3 miljoen jaarlikse voorkombare sterftes wêreldwyd. ANNELIESE BURGESS bekyk die verskynsel van ‘stoelgebruikversteuring'.

MENSLIKE liggame is ontwerp om regop te staan. Ons harte en kardiovaskulêre stelsels werk doeltreffender wanneer ons staan en ons ingewande funksioneer meer effektief (daarom ervaar bedlêende mense dikwels probleme met dermfunksie). Die belangrikste is dat om ons liggame in 'n regop posisie te beweeg ook ons bene en spiere sterk hou.

Maar ons bring al hoe meer tyd op ons agterstewe of op ons rûe deur. 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 'n pandemie van liggaamlike  onaktiwiteit staar ons in die gesig en dat ons sit- of sedentêre leefstyl net so gevaarlik vir ons gesondheid is soos rook. Die navorsing daaroor is duidelik. Dit is onderliggend aan 'n hele reeks chroniese siektes, insluitend kankers. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.