SAL: Hofsake gaan nog lank voortsleep

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

SAL: Hofsake gaan nog lank voortsleep

Terwyl Dudu Myeni, oudvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, weer 'n terugslag in die hof beleef het, draal die sakeredding-moddergeveg voort en ly SAL-werknemers honger, sê EMILE MYBURGH, 'n lugvaartprokureur.

  • 19 Februarie 2021
  • Klubhuis
  • 9 min om te lees
  • artikel 26 van 32
  • Emile Myburgh

DIE nuus van die SAL se sakeredding is wyd geloof. Dit is gesien as 'n kans vir ons eens gerespekteerde nasionale lugdiens om na sy glorieryke dae, voor Dudu Myeni se aanstelling [eers as uitvoerende hoof en toe voorsitter] terug te keer.  Vir 'n maand of wat het alles rooskleurig gelyk, en toe tref die Covid-19-pandemie ons. 

Vir die SAL was dit 'n dubbele slag, want skielik was daar ook geen passasiers en vlugte meer nie. Veteraanlugdienste soos Lufthansa, KLM en Qantas is deur bankrotskap in die gesig gestaar, om van kleiner lugdienste nie eens te praat nie. Vliegtuigbegraafplase, soos dié in die Mojavewoestyn in Kalifornië, het volgeloop van Airbus A380's en ander jong en moderne vliegtuie waarvoor daar nie meer passasiers was nie.  Van die SAL se vliegtuie is ook daarheen vort.

Verhale van vlieëniers en kajuitbemanning wat skielik nêrens kan werk nie, en vir wie daar geen kort- of langtermynvooruitsig is nie, is volop.  Sommige lugvaartkommentators reken dat meer as die helfte (https://www.flightglobal.com/jobs/most-commercial-pilots-no-longer-flying/142026.article) van alle vlieëniers die wêreld oor tans werkloos is, en dat die meeste van die werklose vlieëniers en kajuitbemanning nooit weer sal vlieg nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.