×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Piet Pote kry ’n pedikuur

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Piet Pote kry ’n pedikuur

CHRIS SPIES skryf oor 'n man met hakskene wat soos 'n lugfoto van Karooberge lyk en in noodgevalle Crocs kerk en dorp toe dra as hy dan nie kán kaalvoet nie.

  • 05 Maart 2021
  • Klubhuis
  • 4 min om te lees
  • Artikel 21 van 27
  • Chris Spies

PIET is my pel. Ons ken mekaar al jare. So af en toe gaan eet ons ontbyt en praat oor dinge wat jy nie sommer met enigeen praat nie.

“Kan jy glo," sê Piet nou die oggend. “Uit die bloute vra my vrou die ander dag of ek nie dink dis tyd dat ek 'n slag vir 'n pedikuur gaan nie. Wat’s dit, vra ek toe. Sy sê dis 'n plek waar hulle 'n mens se voete weer mooi kry. Wat’s fout met my voete, vra ek. Daar wip sy haarself vir my. ‘Kyk 'n slag wat daar onder aangaan, Piet. Ek skaam my dood vir jou voete.’”

Piet se reusevoete ís rof en grof. ’n Mens moet dit eintlik skilder. Sy hakskene lyk soos 'n lugfoto van Karooberge. Dis net skeure en krake waar jy kyk. Hoe anders moet hakskene wys wat die druk van 'n twee meter lange oor-die-honderd-kilogram-lyf aan hulle doen?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.