EK weet toilethumor is die laagste van die laes, maar dit is juis die lae en lae witgoud wat ons hetsy voor of ná Covid aangeskaf het wat my laat besef hoeveel bolle ons gerol word.
Ek lees kompulsief. Alles. Veral kort paragrawe, soos die bemarkingsteks wat op alledaagse produkte gedruk is. En soos die lot dit vanoggend bepaal staan die pak met 18 rolle witgoud op die wasbakrand. Voor ek kan keer, lees ek die blou teks op die agterkant. Gerieflik in Arial Round, 40 punt gedruk (no pun intended). Mooi in 'n sirkel uitgelê sodat dit die oog tref.
Die bemarkingswoorde wat slim kopieskrywers op kleinhuisieprodukte plaas, neig na die bisarre. Soms selfs poëties. Die voordele, nostalgie en koestering wat dit beloof, laat my na my asem snak. Die duidelik-geïllustreerde vyf stappe na 'n skoner, varser en “selfversekerde jy – en jou familie” laat my hande jeuk om af te skeur en te toets...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.