Kan ons krieketspan weer boaan die ranglys kom?

SKAKEL IN

Kan ons krieketspan weer boaan die ranglys kom?

PETER BRUCE gesels in hierdie podsending met die krieketskrywer Neil Manthorp oor die huidige stand van die sport in Suid-Afrika. En of daar lig in die tonnel is.

KAN Suid-Afrika se krieketspan, net 10 jaar gelede nommer een in die wêreld, terugkeer uit wat klaarblyklik ’n groot ineenstorting is? Is Temba Bavuma en Dean Elgar, nuwe kapteins van die manne se witbal- en toetsformaatkrieket, goed genoeg om ons weer boaan die ranglys te kry? Kan enigiets aan die administrasies van die spel gedoen word, en het die betrokkenheid van Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, dalk meer kwaad as goed gedoen?

In hierdie uitgawe van “Podcasts from the Edge” praat Peter Bruce met die leidende krieketkommentator en -skrywer Neil Manthorp oor sy indrukke van die spel en waar ons staan. As enigiets uit hierdie gesprek na vore sal kom, is dit hoe kardinaal Graeme Smith, Krieket SA se direkteur van krieket en voormalige Proteas-kaptein, vir die toekoms is. Hy is die enigste administrateur wat almal in die wêreld ken, verduidelik Manthorp. Sy kontakte en foonboek is van onskatbare waarde, en hy is in ’n unieke posisie om ons weer in mededinging met die wêreld se topspanne te bring.

* Dié podsending word gepubliseer met vergunning van Business Day (https://www.businesslive.co.za/fm/fm-fox/2021-03-16-podcast-without-graeme-smith-our-cricketing-future-is-bleak/)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.