OM met groot woorde te verbloem hoe ons vir eie bevoordeling en gewin aan ons siele skade ly, is die Groot Leuen van ons lewens. Só kan morele rasionalisasie of godsdienstige skynheiligheid ons gewetens tydelik paai, byvoorbeeld met kapitalisme se “trickle down economy” moraal, dat karperde genoeg voer moet kry sodat daar mieliepitte in die perdedrolle op straat oorbly vir die mossies om op te pik.
Geestelikheid word weer kunsmatig onderhou deur die konsep dat geloof alleen alles, ook die verkragting van menswaardigheid, regverdig.
Maar ons het ongelukkig nie vir Nelson Mandela op sy vrymakende woord geneem by sy inhuldiging as staatspresident op 10 Mei 1994 nie, toe hy verklaar het: “The time for healing has come. The moment to bridge the chasms that divide us, has come. The time to build is upon us.” ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.