Die storie van Obie en die middelvinger

VOETSEK!

Die storie van Obie en die middelvinger

Die oorsprong van dié vorm van disrespek spruit dalk uit die Honderdjarige Oorlog, sê DAN BADENHORST van die vingergee-gewoonte, maar dalk al uit die antieke tye in Athene en Rome. Hoe ook al, dis 'n storie wat jy nie moet misloop nie.

  • 04 Junie 2021
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 22 van 28
  • Dan Badenhorst

DIE fiasko by die Pan-Afrika-parlement (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-06-01-nota-bene--die-pap-val-op-die-grond/), waar een van ons plaaslike afgevaardigdes op ’n buitelandse kollega “go home” en “voetsek!” geskree het, en Julius Malema ’n PAP-lid van Mali met die dood gedreig het, het Obie Oberholzer in sy argief laat rondkrap vir ’n foto wat hy van ’n Malema-plakkaat geneem het.

Die plakkaat het tydens ’n verkiesing in Uniondale se Voortrekkerstraat aan ’n lamppaal voor die sinagoge gehang. Obie was ontsteld oor die politieke munt wat hierdie kwasi-vryheidsvegter daarmee wou slaan. Hy het homself probeer verheerlik met die slagspreuk “son of the soil”, wat eie was aan Steve Biko, ’n ware groot vryheidsvegter.

Obie het ’n skewe rug as gevolg van ’n motorfietsongeluk en vertel dat dit vir hom nogal ’n probleem van balans en perspektief was om, tussen die pad en gekraakte sypaadjie, sy middelvinger aan die dude op die paal te gee. Die paal moes weggesteek word terwyl sy fokus op al twee items skerp bly. En dit met locals wat werk toe ry en stop om te kyk wat de hel dié ouerige buigende man, met die kamera in die een hand en lelike teken met die ander hand, nou besig is om te doen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.