Houston, ons het 9 probleemvroue

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Houston, ons het 9 probleemvroue

Vyftig jaar gelede het nege vroue weggebreek van die heersende chauvinistiese tennis-orde en op eie houtjie die grondslag gelê vir die mees suksesvolle vrouesportliggaam vandag. Nou word hulle uiteindelik in die Valhalla van tennis, die International Hall of Tennis Fame in Newport, Rhode Island, ingelyf. HENNIE MALAN, 'n kopieskrywer vir 'n maatskappy in Taiwan, vertel die storie.

  • 16 Julie 2021
  • Klubhuis
  • 8 min om te lees
  • artikel 17 van 29
  • Hennie Malan

DIT was 'n kishou wat die paternalistiese tennis-establishment nie gesien kom het nie. In 'n klubhuis in Houston, Texas, kyk nege van die wêreld se voorste vrouetennisspelers, elk met 'n dollarnoot omhoog, triomfantelik in die kameralense. Die boodskap was dat hulle nie meer vir kleingeld gaan speel nie.

Die simboliek van daardie foto van 23 September 1970 het koerantlesers dalk destyds ontsnap, maar die rebellie van die Original 9, soos hulle bekend sou staan, was meer as net die amptelike geboorte van 'n volwaardige beroepsreeks vir vrouetennisspelers. Dit was ook 'n blitskursus in gelyke regte, en daarby 'n vet middelvinger vir die blatante seksisme in die tenniswêreld. Die Original 9 se waagmoed daardie dag het vroue wêreldwyd geïnspireer om kanse te waag en vir hulself op te staan.

Sedert tennis in 1968 amptelik ’n beroepsport geword het, het Billie Jean King, toe die top-vrouespeler en 'n driemalige Wimbledon-kampioen, en haar tydgenote – Peaches Bartkowicz, Rosie Casals, Judy Dalton, Julie Heldman, Kristy Pigeon, Kerry Melville Reid, Nancy Richey en Valerie Ziegenfuss – bitter min van die reuse-bedrae prysgeld (vir daai tyd) bank toe gevat. Hulle is ook doelbewus op die agtergrond gehou wanneer dit by televisiedekking gekom het. “Mense koop nie kaartjies om vroue te sien speel nie," was die refrein wat hulle van toernooi tot toernooi moes aanhoor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.