Pampoene, lekkergoed en die duiwel agter die Halloween-bos

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Pampoene, lekkergoed en die duiwel agter die Halloween-bos

Dit is seker so dat die duiwel altyd op die uitkyk is vir ’n geleentheid vir sonde en om 'n siel in te trek, maar ISABEL MEYER dink nie hy gaan uit sy pad gaan omdat Boet of Sus in 'n Liewe Heksie-hoed aan jou deur klop vir 'n paar lekkers dié Halloween nie.

  • 29 Oktober 2021
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 21 van 32
  • Isabel Meyer

SEKERE mense gaan spreekwoordelike klippe gooi, gordyne dig trek en dalk selfs die spieëls bedek, want die sogenaamde sondige en uitheemse fees van Halloween is op hande. Sonder om die hele religieuse argument te betrek, maar oor die wêreld heen word Allerheiligeaand of Dag van die Dooies op verskeie maniere gevier.

Op 31 Oktober trek kinders – ook in Suid-Afrika – kleurryke kostuums aan en loop van huis tot huis om te “trick or treat”. Kabouters en feetjies, dinosourusse en bytjies, heksies en towenaars hol teen skemer al jillende met emmertjies in die hand rond. Al waarna hulle eintlik op soek is, is hande vol lekkergoed as buit. 

Daar is selfs vrolike Halloween-partytjies vir grootmense. Gaste trek so spokerig of aardig as moontlik aan en die spyskaart en drinkgoed word ooreenkomstig bedink. Laataand word dalk een of ander gruwelfliek gekyk – nie dat bloederige flieks altyd almal se idee van pret is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.