Ontsag vir ’n storm (en die rebelse magic van Kris Kristofferson)

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Ontsag vir ’n storm (en die rebelse magic van Kris Kristofferson)

ANNELIESE BURGESS vertel van haar nag in ’n Bikers Inn, ’n nuwe boek oor ‘the science of awe’ en (her)ontdek die musiek van ’n ou country-rebel.

Image: ANGELA TUCK

Goeiemôre 

Ek groet vanoggend uit die Riebeekvallei, waar ek die afgelope paar dae by oudkollega Annelize Visser gekuier (en gewerk) het. Ek het nie susters nie, maar ek het 'n rotsvaste sisterhood. En soms het jy jou susters nodig. 

Ek kom Maandagoggend hier aan, in die laaste stuiptrekkings van Die Groot Storm. Ek moes die vorige middag halt roep aan my padreis  en 'n kamer op Barrydale soek omdat die intense reën my begin benoud maak het. Ek ry met my ma se lekker Toyota-bakkie, maar selfs dié stewige voertuig het met tye in die geweldige neerstorting onvas op die pad begin voel en boonop kon die ruitveërs glad nie byhou nie.

Ek slaap Sondagaand in 'n gastehuis wat aan 'n motorfietsentoesias behoort. Ek is die enigste gas in die Bikers Inn. Daar is handgeverfde muurskilderye van tropiese strande. En kuns gemaak uit motorfietsonderdele. En handelsname en gesegdes in klein lettertjies op die mure ge-stencil: Benelli. Aprilia. Kawasaki. “Die huis is waar die hart is." “Sy het geglo sy kon. Daarom het sy."

Ek sit op die stoep terwyl die bloekombome om die huis kreun en steun en swiep en skreeu in die storm. Die wildheid van die weer vul my met ontsag.

Vroeër daardie dag het ek van die Langkloof deur die Klein-Karoo gery. Die berghange is blink van die reën; die vlaktes suig die water op soos 'n spons. Die veld is 'n blommende tapyt in duisend skakerings van groen en geel en malvapers. Ek het die Klein-Karoo nog nooit so ervaar nie en het 'n hele paar keer langs die pad gestop net om die asembenewende wonder daarvan in te drink.


Awe: The New Science of Everyday Wonder and How It Can Transform Your Life is geskryf deur Dacher Keltner, 'n sielkundeprofessor aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley.  

Hy skryf: 

“You might imagine standing next to a 350-foot-tall tree or on a wide-open plain with a storm approaching, hearing an electric guitar fill the space of an arena, or holding the tiny finger of a newborn baby. Awe blows us away: It reminds us that there are forces bigger than ourselves, and it reveals that our current knowledge is not up to the task of making sense of what we have encountered.

“But you don’t need remarkable circumstances to encounter awe. When my colleagues and I asked research participants to track experiences of awe in a daily diary, we found, to our surprise, that people felt it a bit more than two times a week on average. And they found it in the ordinary: a friend’s generosity, a leafy tree’s play of light and shadow on a sidewalk, a song that transported them back to a first love.

“In one diary study, many people wrote that music brought them moments of awe and stirred them to consider their place in the great scheme of life. When we listen to music that moves us, dopaminergic pathways – circuitry in the brain associated with reward and pleasure – are activated, which opens the mind to wonder and exploration."


Die Pharos-woordeboek vertaal “awe" as ontsag. (Weereens, een van daardie Engelse woorde wat ek nie heeltemal in die Afrikaanse vertaling kan vasvang nie, maar kom ons gaan daarmee.)

Ontsag is nie een van die ses basiese emosies waarvan die bestaan breedweg deur die psigologie aanvaar word nie: woede, verbasing, walging, genot, vrees en hartseer. “Ontsag is sy eie ding," sê Keltner. “Ons liggame reageer anders met ontsag as met vreugde, tevredenheid of vrees."

Maar dit is net so belangrik vir ons welstand soos vreugde, tevredenheid‌ en liefde. Die voordele sluit onder meer die kalmering van ons senuweestelsel in, asook die vrystelling van die “liefde"-hormoon oksitosien wat vertroue en verbintenisse tussen mense bevorder.

“Awe is on the cutting edge of emotion research," sê The New York Times.

Ná 20 jaar van geluksnavorsing, sê Keltner, het hy een antwoord: “Find awe."

“The most beautiful thing we can experience is the mysterious. It is the source of all art and science. He to whom this emotion is a stranger, who can no longer pause to wonder and stand rapt in awe, is as good as dead; his eyes are closed.

En dis nie Keltner wat dit sê nie. Dit was Albert Einstein.

Daarmee groet ek. Salige Sondag.

Anneliese

Die ongelooflike uitsig oor die oseaan op 'n vlug tussen Miami en Antiqua wat my ook daardie gevoel van ontsag gegee het.
Die ongelooflike uitsig oor die oseaan op 'n vlug tussen Miami en Antiqua wat my ook daardie gevoel van ontsag gegee het.

The Patience of Ordinary Things

It is a kind of love, is it not?
How the cup holds the tea,
How the chair stands sturdy and foursquare,
How the floor receives the bottoms of shoes
Or toes. How soles of feet know
Where they’re supposed to be.
I’ve been thinking about the patience
Of ordinary things, how clothes
Wait respectfully in closets
And soap dries quietly in the dish,
And towels drink the wet
From the skin of the back.
And the lovely repetition of stairs.
And what is more generous than a window?

– Pat Schneider
(Uit: The Patience of Ordinary Things)

VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.