Party mense noem hulleself op Facebook So en So, Skrywer. Ek is senuagtig vir die woord. Dis ’n etiket, dit skep verwagting. Dit maak jou verdag.
Want skrywers is gevaarlik, almal weet dit. Hulle gaan jou kleintydherinneringe en liefdesteleurstellings steel en optert en bylieg vir hulle stories. Moet geen geheime verklap nie, hulle sit en loer soos kraaie vir blinkgoed.
Herinnering is verdag. My eie: oor die vroegste kortfilms in my kop wonder ek of dit herinneringe is of prente wat ek gemaak het terwyl ek luister na ander se vertellings? Ek was regtig daar, glo, maar het ek dit opgeneem? Ek lees in ’n wonderlike boek, Actress deur Anne Enright: “She has rewritten her childhood and lost the first draft.”
Ek betree (in die slegte, onwettige sin) my vriende se herinneringe en drome. Dit voel asof ek daar was. Ek het my eie prentjies daarvan gevorm. Dis natuurlik verwring, soos wat enigiets shapeshift in die oorvertel.
Ek dra my eksman se herinneringe aan sy wilde jeug in Oostenryk en regoor die wêreld in sy swerfjare. Hy het vir tien jaar nie huis toe gegaan nie. Sy ouers het geld getelegrafeer, dankbaar dat die probleemkind elders is. Wanneer hy hoog was, het hy sy ma van telefoonhokkies gebel. Dan sê sy, gelate: “Du spinnst schon wieder."
Sy kleinboet, ’n laatlam, is gebore terwyl hy weg was. Eendag hou ’n wilde, woeste biker gestewel en gespoor in swart blinkleer en silwer kettings, met lang donker hare en ’n baard, brullend in hulle popdorpie stil. Sy kleinboet stap na die biker en vra verwonderd: “Bist Du der Pepo?" Is jy my broer?
In Berlyn in ’n nagklub leun hy teen ’n jukebox toe ’n bullebak so groot soos ’n yskas skoorsoekend sê: Die box kan alleen staan, jy hoef hom nie regop te hou nie, of so iets. Waarop my eksman, teen sy beterwete, doodsveragtend domastrant soos altyd, antwoord: “Tatsächlich?" (Izzat a fact?) En die belhamel hom met een vuishou vloer toe stuur. Hy het vandag nog ’n gaatjie in sy lip waar sy voortand deurgesteek het. Êrens in die wêreld in die laat sestigerjare, die jare van vrye liefde waarvan Leonard Cohen gesê het: “a great generosity prevailed in those doomed decades”, kruip hy op ’n strand in sy slaapsak. ’n Entjie van hom lê ’n meisie in haar slaapsak. Net toe hy aan die slaap wil raak, begin dit reën en die wildvreemde meisie kruip by hom in sy sak. Al wat sy fluister is: “Es regnet." Hy was natuurlik beeldskoon en hulle was, soos dit hippies betaam, brandmaer.
Kersaand sit ons en gesels oor herinneringe. ’n Vriend was nog te jonk om te weet van straight en gay toe Johnny Weismuller as Tarzan in ’n luiperdvel-speedo hom eindeloos bekoor het. My geliefde se eerste en enigste kêrel het ’n meisienaam gehad, Harriet. Toe hulle uitgaan, koop sy vir haarself steweltjies, twee nommers te klein, want dit was al wat beskikbaar was. Sy dra ’n nommer tien. Die afspraak was louter lyding. Met vlammende hakke het sy haar vergeefs probeer oorgee aan ’n tongsoen.
Ek luister af in almal se lewens en betree almal se stories, want ek is ’n leser en die werklikheid moet uithaal om kers vas te hou by boeke.
The Stolen Child
Where dips the rocky highland
Of Sleuth Wood in the lake,
There lies a leafy island
Where flapping herons wake
The drowsy water rats;
There we've hid our faery vats,
Full of berrys
And of reddest stolen cherries.
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than you can understand.
Where the wave of moonlight glosses
The dim gray sands with light,
Far off by furthest Rosses
We foot it all the night,
Weaving olden dances
Mingling hands and mingling glances
Till the moon has taken flight;
To and fro we leap
And chase the frothy bubbles,
While the world is full of troubles
And anxious in its sleep.
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than you can understand.
Where the wandering water gushes
From the hills above Glen-Car,
In pools among the rushes
That scarce could bathe a star,
We seek for slumbering trout
And whispering in their ears
Give them unquiet dreams;
Leaning softly out
From ferns that drop their tears
Over the young streams.
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than you can understand.
Away with us he's going,
The solemn-eyed:
He'll hear no more the lowing
Of the calves on the warm hillside
Or the kettle on the hob
Sing peace into his breast,
Or see the brown mice bob
Round and round the oatmeal chest.
For he comes, the human child,
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than he can understand.
– W. B. Yeats
♦ VWB ♦
NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.