’n 91-jarige se debuut, katte, oëverblindery en brandrissies

KERNEELS LEES WYD

’n 91-jarige se debuut, katte, oëverblindery en brandrissies

KERNEELS BREYTENBACH volg sy neus en nuuskierigheid oor boontjiebredie, katte, Nazi's en brandrissies en vertel ons watter boeke onmisbaar is.

DIE groot probleem met die debuutroman van ’n 90-jarige skrywer is dat dit dalk ’n skitterende roman sal wees. Jy weet die kanse dat die skrywer jou lewe sal verryk met ’n tweede roman is uiters skraal. Dink net hoe die boekewêreld sou gelyk het as daar net een roman uit die penne van Lee Child, Agatha Christie of Georges Simenon verskyn het.

Michael Caine het sedert die sestigerjare gegroei tot een van die grootste name in die filmbedryf. Op 14 Maart word hy 91. Deadly Game is ’n spanningsverhaal oor die soektog na ’n boks verrykte uraan wat in die hande val van ’n verkeerde soort mens met bose planne, en een semi-eksentrieke Britse speurder wat moet sorg dat dit nie gebeur nie.

Ek moet erken dat ek nie hoë verwagtinge van die boek gehad het nie. Wat kon die super-celeb ons bied? ’n Versameling clichés uit die tagentagentag draaiboeke wat hy deur die jare gelees het, of ’n pastiche van die beste tonele uit sy rolprente? ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.