Gifpenne, skinderstories, ’n konsistoriekoekie en ’n blaaiboek

KERNEELS LEES WYD

Gifpenne, skinderstories, ’n konsistoriekoekie en ’n blaaiboek

KERNEELS BREYTENBACH berig oor goeie skryfwerk en 'n sappige storie wat nie goed geskryf is nie.

WEINIG dinge is moeiliker om te hanteer as briewe deur anonieme gifpenskrywers. Die idee is alles in ag genome om die ontvanger te beledig, sleg te laat voel of totaal te ontsenu. Maklik om die situasie te begryp, maar veel moeiliker om te hanteer as jy die ontvanger is.

In die dae toe ek uitgewer was, het een van ons redakteurs ’n anonieme skelbrief ontvang. Per faks. Dit was indertyd moontlik om fakse gestuur te kry op maniere waarop die sender se faksnommer nie aan die werklike sender gekoppel kon word nie. Die redakteur was uiters ontsteld oor die smerige dinge wat in die faks gesê is. Omdat daar ook opmerkings oor die werksituasie gemaak is, het ons dadelik geweet dat die sender aan ons bekend was, maar uit die taalgebruik kon ons ook afleidings maak wat ander personeellede as verdagtes uitgeskakel het.

Maar om die skuldige persoon uit te snuffel, sou ’n duur en omslagtige proses wees en groot publikasieprojekte in gevaar stel. Wat ons wel kon doen, was om die moontlike sender tot ’n lysie van twee mense te reduseer op grond van die dinge wat in die faks gesê is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.