Young gun en branderjaer Joha van Dyk

VUURVRETER

Young gun en branderjaer Joha van Dyk

NADINE PETRICK is mateloos beïndruk deur 'n jong skrywer vol idees en dryfkrag.

MENS kan maar nie help om beïndruk te wees nie. Wanneer jy jou derde boek, ’n próperse boek, op die ouderdom van 26 uitgee, dan is jy nie meer 'n wannabe “try for write” nie. Jy kwalifiseer dan beslis al as 'n Skrywer. Met ’n hoofletter S.

Daarmee saam is daar amper genoeg materiaal vir 'n eie digbundel; werke in Penseel, Die Môre is Jy en Tyd is ’n b**ksem, hope idees vir nog boeke en, natuurlik, die einde van die Branderjaers-sage; die reeks wat haar as 'n Young Gun gevestig het. Joha van Dyk wou nog altyd, van kleins af, ’n jóng gepubliseerde skrywer wees. En kyk nou net.

Ja, sy was, is dalk steeds, ’n loner, rol sy daai laaste “r” soos dit ’n gebore Namakwalander betaam. Haar ouers het nog altyd baie hard gewerk en haar enigste sib, broer Wian, is tien jaar ouer as sy, so dié laatlam het vroeg geleer hoe om haarself te vermaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.