Om ander se lewens af te luister

'N JAAR IN BOEKE

Om ander se lewens af te luister

LOUIS GAIGHER het hom verlede jaar veral verkneukel in lewensbeskrywings en hy deel sy gunstelinge.

ONS het nog 'n leesjaar agter die blad. In 2023 was dit veral lewensbeskrywings wat my plesier verskaf en geboei, verras en my denke verruim het. My gunstelinge vir die jaar, talle van hulle tydens die pandemie geskryf, wisseldans tussen geleefde ervaring en politieke wetenskap, sosiale geskiedenis, kunsgeskiedenis, natuurbeskrywing, verslagdoening en aktualiteit. 

My ontdekking van 2023, effe laat maar darem, was Lea Ypi, professor in politieke filosofie aan die London School of Economics en klokheldere denker, en haar memoir, Free: Coming of Age at the End of History (Penguin, 2022).

In ’n familiegeskiedenis vol skalkse humor en vitaliteit, skryf Ypi vanuit ’n kinderperspektief oor haar grootwordjare in Albanië van die 1990’s. Tydens haar vroeë kinderjare was Albanië Stalinisme se laaste vesting en doublethink ’n oorlewingsmeganisme, ook vir Ypi se familie wat sonder haar medewete deur die staat vervolg is. Ypi ontwaak as tiener tydens ’n ysere neo-liberale orde en kapitalistiese uitrafeling, burgeroorlog, uitsigloosheid, mensehandel en noodgedwonge emigrasie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.